Monday, April 19, 2010

o/19A - 17 April

0/19A vs SACS

Op Saterdag 17 April het die Stellies hul seisoen op ‘n puik noot begin deur SACS met 16-7 te klop (rustyd: 13-0)
Die Stellies het in die eerste helfte teen ‘n sterk wind gespeel. Hulle het egter skitterend gespeel en alle fasette van die spel oorheers. Die losspel was veral uitstaande en fase na fase is opgesit. Die span het skitterend by hul wedstrydpatroon gehou en is beloon in die 18 minuut van die wedstryd met ‘n puik drie deur losskakel Erhard Louw. Erhard het die bal op SACS se kwartlyn ontvang na puik spel deur sy voorspelers. Hy het die bal vlak geneem, skitterend gebreek, 4 verdedigers geklop en gaan druk. Hy het ook verdoel. Teen die sterk wind het Erhard verder takties briljant geskop en uithaler losskakel spel opgedis. Hy slaag verder ook met twee moeilke strafskoppe in die eerste helfte.

In die tweede helfte het die Stellies die petrol ietwat van die pedaal gehaal, maar tog goed verdedig om die wedstryd welverdiend te wen.
Uitblinkers sluit die puik lostrio in van Stefan de Villiers, Wian van Wyk en Izak van der Merwe. Die senterpaar Luan Rademeyer en Tyron Kotze het goed verdedig. Voorlangs het die slot Jaco Venter beindruk met sy dryfspel en kaptein Christiaan Joubert het uitgetroon in die lynstane.
Erhard Louw het ‘n werklik droomwedstryd gehad, en dit is duidelik dat die skopkursus wat hy gedurende die vakansie bygewoon het nou vrugte afwerp. (Oud-Springbokke Louis Koen en Braam van Straaten het die kursus op Riebeeck-Wes aangebied.)

No comments:

Post a Comment