Monday, August 16, 2010

Stellies vs Durbanville

TEAM Uitslag
/19A Wen 19 – 13
/19B Wen 37 – 8
/19C Wen 27 – 3
/19D Wen 15 – 10
/16A Wen 12 – 6
/16B Wen 38 – 5
/15A Wen 7 – 6
/15B Wen 35 – 0
/14A Wen 65 – 5
/14B Wen 71 – 0

Thursday, August 5, 2010

Stellies vs Strand

TEAM Uitslag
/19A Verloor 3 – 28
/19B Verloor 15 – 31
/19C Verloor 14 – 33
/19D Verloor 0 – 15
/16A Wen 30 – 5
/16B Verloor 7 – 10
/15A Verloor 17 – 19
/15B Verloor 3 – 7
/14A Wen 33 – 0
/14B Wen 7 – 3
/14C Gelykop 17 – 17

Stellies vs Monument Park

Rugby

TEAM Uitslag
/19A Verloor 14 – 16
/19B Verloor 7 – 11
/19C Wen 24 – 0
/19D Wen 26 – 7
/16A Wen 26 – 6
/16B Verloor 0 – 5
/15A Wen 8 – 7
/15B Wen 15 – 0
/14A Wen 39 – 0
/14B Wen 41 – 0

Stellies vs DF Malan

TEAM Uitslag
/19A Verloor 10 – 14
/19B Verloor 12 – 15
/19C Wen 21 – 0
/19D Wen 17 – 10
/16A Verloor 3 – 6
/16B Wen 10 – 7
/15A Gelykop 3 – 3
/15B Wen 17 – 0
/14A Wen 18 – 7
/14B Wen 57 - 3

Monday, July 19, 2010

Stellies vs Swartland

TEAM Uitslag
/19A Wen 9 – 0
/19B Wen 23 – 5
/19C Wen 22 – 3
/19D Verloor 12 – 32 (Paul Roos)
/16A Wen 9 – 5
/16B Verloor 5 – 22
/15A Wen 15 – 3
/15B Wen 21 – 8
/14A Wen 26 – 0
/14B Wen 52 – 0
/14C Verloor 0 – 34 (Paul Roos)

Wednesday, June 2, 2010

Stellies vs Bellville

Span Uitslag
/19A Wen 21 – 13
/19B Verloor 13 – 17
/19C Verloor 7 – 10
/19D Gelykop 6 – 6
/16A Wen 15 – 7
/16B Verloor 0 – 25
/15A Verloor 3 – 29
/15B Wen 20 – 0
/14A Wen 65 – 0
/14B Wen 68 – 0

Tuesday, May 25, 2010

Stellies vs HTS Bellville

Span Uitslag
/19A Wen 56 – 3
/19B Wen 31 – 17
/19C Wen 52 – 5
/16A Wen 18 – 7
/16B Wen 22 – 5
/15A Wen 15 – 0
/15B Wen 34 – 7
/14A Wen 23 – 5
/14B Wen 38 – 0

Wednesday, May 19, 2010

Stellies vs Bishops

Span Uitslag
/19A Verloor 9 – 15
/19B Verloor 3 – 1 7
/19C Verloor 5 – 21
/19D Verloor 5 - 35
/16A Wen 9 – 0
/16B Verloor 5 – 24
/15A Wen 14 – 7
/15B Verloor 0 – 22
/14A Wen 8 – 5
/14B Wen 16 – 7
/14C Verloor 3 – 12

Monday, May 10, 2010

Stellies vs Brackenfell

/19A Verloor 23 – 29
/19B Wen 11 – 5
/19C Wen 14 – 12
/19D Verloor 3 – 29
/16A Wen 16 – 7
/16B Verloor 12 – 14
/15A Verloor 3 – 11
/15B Wen 19 – 0
/14A Wen 13 – 0
/14B Wen 47 – 5
/14C Gelykop 7 – 7

Stellies vs Punt

/19A Wen 36 – 15
/19B Wen 29 – 14
/19C Wen 48 – 0
/19D Wen 17 – 5
/16A Wen 8 – 3
/15A Wen 10 – 0
/15B Wen 27 – 0
/14A Wen 41 – 3
/14B Wen 22 – 5

Tuesday, May 4, 2010

Stellenberg 0/19A vs Hoërskool Punt

Na ‘n teleurstellende wedstryd teen De Kuilen het die Stellies Saterdag pragtig terug baklei met ‘n welverdiende sege oor Punt op Mosselbaai. Die Stellies het die wedstryd wedstryd met ‘n geweldige pas begin en in die tweede minuut het die slot, Izak van der Merwe gaan druk na goeie voorspelerspel. Losskakel Erhard Louw het pragtig verdoel. 7-0. In die vyftiende minuut gaan druk die heelagter Ruan Stemmet na ‘n fyn uitgewerkte agterlyn beweging. Ruan klop verskeie spelers! ‘n Puik sololopie! Erhard verdoel. 14-0. Na omgekeerde besit binne die Stellies se kwartgebied druk Punt ‘n pragtige drie. 14-5. Erhard slaag verder met nog ‘n strafdoel voordat Punt ‘n puik drie druk in die laaste beweging voor rustyd. 17-10.
Die Stellies word erg ontwrig in die eerste helfte toe die slot Izak vd Merwe die veld moet verlaat as gevolg van harsingskudding.
Direk na rustyd druk Punt ‘n verdure drie om die telling 17-15 te maak. Maar hierna gebruik Erhard die wind uitstekend en speel hy ‘n puik taktiese wedstryd. In die 15de minuut druk skrumskakel Schalk vd Merwe. Erhard verdoel. 24-15. Erhard slaag verder met 4 strafdoele. Eindtelling: 36-15.
‘n Puik oorwinning! Die Stellies het sonder 5 van hul gereelde eerstespan voorspelers gespeel: JB Nieuwoudt (stut), Curtly de Kock (haker), Christiaan Joubert (slot), Jaco Venter (slot) en Wian van Wyk (flank)

Stellies o/19A vs Punt

Schalk van der Merwe

Schalk van der Merwe

Ruan Stemmet

Ruan Stemmet

Erhard Louw

Monday, April 19, 2010

Stellies vs SACS - 17 April

/19A WEN 16 – 7
/19B WEN 3 – 0
/19C VERLOOR 3 - 12
/19D VERLOOR
/16A GELYKOP 5 – 5
/16B VERLOOR
/15A WEN 7 – 0
/15B VERLOOR 3 – 24
/14A WEN 15 – 5
/14B WEN 21 – 1 7
/14C VERLOOR 7 – 17

Stellies o/19 A

o/19A - 17 April

0/19A vs SACS

Op Saterdag 17 April het die Stellies hul seisoen op ‘n puik noot begin deur SACS met 16-7 te klop (rustyd: 13-0)
Die Stellies het in die eerste helfte teen ‘n sterk wind gespeel. Hulle het egter skitterend gespeel en alle fasette van die spel oorheers. Die losspel was veral uitstaande en fase na fase is opgesit. Die span het skitterend by hul wedstrydpatroon gehou en is beloon in die 18 minuut van die wedstryd met ‘n puik drie deur losskakel Erhard Louw. Erhard het die bal op SACS se kwartlyn ontvang na puik spel deur sy voorspelers. Hy het die bal vlak geneem, skitterend gebreek, 4 verdedigers geklop en gaan druk. Hy het ook verdoel. Teen die sterk wind het Erhard verder takties briljant geskop en uithaler losskakel spel opgedis. Hy slaag verder ook met twee moeilke strafskoppe in die eerste helfte.

In die tweede helfte het die Stellies die petrol ietwat van die pedaal gehaal, maar tog goed verdedig om die wedstryd welverdiend te wen.
Uitblinkers sluit die puik lostrio in van Stefan de Villiers, Wian van Wyk en Izak van der Merwe. Die senterpaar Luan Rademeyer en Tyron Kotze het goed verdedig. Voorlangs het die slot Jaco Venter beindruk met sy dryfspel en kaptein Christiaan Joubert het uitgetroon in die lynstane.
Erhard Louw het ‘n werklik droomwedstryd gehad, en dit is duidelik dat die skopkursus wat hy gedurende die vakansie bygewoon het nou vrugte afwerp. (Oud-Springbokke Louis Koen en Braam van Straaten het die kursus op Riebeeck-Wes aangebied.)

o/14A - 17 April

0/14A: vs SACS

Die 0/14A rugbyspan het op Saterdag 17 April teen SACS gespeel. Vanaf die eerste minuut van die wedstryd het SACS die bal lekker rond gegooi, maar die goeie verdediging van die Stellies agterlyn het beindruk en SACS tot talle foute gedwing. In die 10 minuut van die wedstryd het die Stellies se puik agsteman, Morne Oosthuizen, na ‘n lynstaan beweging gaan druk. Heelagter Tiaan Swanepoel, het skitterend verdoel vanaf die kantlyn. In die 20ste minuut het die skitterende heelagter, Tiaan Swanepoel, met ‘n puik teen aanval begin. Hy het ‘n hele paar verdedigers in die lug laat gryp voordat hy vir die senter, JD Bornman deur ‘n gaping gestuur het. Hy het op sy beurt laat loop na die vleuel Joshua Malherbe wat mooi afgerond het in die hoekie. Rustyd 12-0. In die tweede helfte het die stryd baie gelykop verloop. Die Stellies het die wedstryd finaal beklink met ‘n strafdoel deur Tiaan Swanepoel. Eindtelling: 15-5.
Vir die Stellies het hul senterpaar van JD Bornman en Dean du Toit goed verdedig. Tiaan Swanepoel was puik op die aanval, slot AB Bester het stewig in die lynstane vertoon en Morne Oosthuizen was ‘n yster op aanval en verdediging.
Geluk aan die 0/14A span met nog ‘n stewige vertoning!

Wednesday, April 14, 2010

Toer Uitslae - 2010

o/19 Rugbytoer na Namibië

o/19A - Lutzville

Wen Vredendal 18 – 0

Namibië toer:

Wen Hoërskool Windhoek 20 – 15

Wen Otjiwarongo 70 – 3

Wen Hoërskool Walvis Bay 20 – 6

o/19B – Lutzville

Wen Porterville A 24 – 3

Nambië toer:

Wen Hoërskool Windhoek 13 – 0

Wen Hoërskool Swakopmond A 34 – 0


o/16 Toernooi - Stellenbosch

Wen CBC Boksburg 37 – 3

Gelykop Sizimisele 5 – 5

Verloor HTS Drostdy 5 – 13


o/15 Toernooi – George

Wen Langenhoven Gim 19 – 7

Verloor Outeniqua 3 – 56

Wen Diamantveld 13 – 8

o/14 Toernooi – George

Wen Rustenburg 19 – 10

Wen Brits 17 – 10

Verloor Monument 12 – 17

Sunday, March 28, 2010

Stellies o/19A

Stellies o/19A

o/19 - 23 Maart 2010

Wedstryd teen Hoerskool Windhoek (WHS).

Tydens hul Namibiese Rugbytoer het die Stellies in hul eerste wedstryd kragte gemeet teen die gedugte span van die Hoerskool Windhoek (WHS). Die wedstryd het plaasgevind op die velde van die Wanderes Rugbyklub. WHS is vanjaar die Namibiese kampioen nadat hulle verlede week die ATKV Rugbyweek gewen het. Die wedstryd het skouspelagtig begin nadat die losskakel, Erhard Louw, met ‘n strafdoel van ongeveer 63m geslaag het (beslis ‘n Stellie rekord). Soos in hul vorige wedstryd het hul uitstekende verdediging, doelgerigte spel en puik samespel die deurslag gegee. Die Stellies het verder weereens beiindruk met hul gestruktureerde spelwyse. Agterlangs het die losskakel, Erhard Louw, ‘n droomwedstryd gehad, weereens die spel met die voet gedikteer en is ook agterna welverdiend aangewys as speler van die wedstryd deur die opponente. Voorlangs het die agttal uitgeblink met Wian van Wyk (flank) aan die spits. Die haker Curtley de Kock het ook beindruk met sy vurige spel. Ten spyte van ‘n geel kaart aan Izak van der Merwe (agsteman) laat in die tweede helfte het die Stellies se verdediging gehou om ‘n puik sege te verseker. Driee vir die Stellies is gedruk deur Gideon Snyman (regtervleuel) en Curtley de Kock (haker). Erhard Louw (losskakel) het geslaag met 1 strafdoel, 2 doelskoppe en 1 skepdoel. ‘n Puik oorwinnig vir die Stellies!

o19 - 20 Maart 2010

Wedstryd teen Vredendal.

Tydens die Lutzville Rugbydag het Stellenberg se eerste rugbyspan vir die 5de agtereenvolgende jaar kragte gemeet teen die Hoerskool Vredendal. In ‘n wedstryd vol hoogtepunte het Stellenberg van die meet af hul stempel afgedwing en die wedstryd betreklik maklik met 18 – 0 gewen (slegs 25 minute aan ‘n kant).
Stellenberg het uitstekend by hul strukture en wedstrydplan gehou. ‘n Verdere kenmerk was die puik verdediging deur die span. Hulle het uitmuntende veggees en durf getoon ten spyte daarvan dat hul kaptein Christiaan Joubert vir 10 minute in die tweede helfte van die veld af gestuur is met ‘n geel kaart. Vreemde skeidsregter beslissings het die span verder aangevuur om sukses te behaal. Vir die Stellies het die lostrio van Izak van der Merwe, Wian van Wyk en Stefan de Villiers uitstekende spel gelewer. Agterlangs het die losskakel Erhard Louw die spel gedikteer met die voet. Die senterpaar van Luan Rademeyer en Tyron Kotze het ook stewig vertoon. Die Stellies se driee is gedruk deur Gregg Riley (heelagter) en Erhard Louw (losskakel), Erhard het verder geslaag met 1 doelskop en 2 strafdoele. Die Stellies behou dus hul onoorwonne status teen Hoerskool Vredendal.

o19A & B Rugbyuitslae: 2010

3 Maart 2010
o19A vs President : 22 - 7
o19B vs Presisent : 35 - 0

17 Maart 2010
o19A vs Kasselsvlei : 24 - 7

20 Maart 2010
o19A vs Vredendal : 18 - 0
o19B vs Vredendal : 22 - 5

23 Maart 2010
o19A vs Hoerskool Windhoek (WHS) : 20 - 15
o19B vs Hoerskool Windhoek (WHS) : 13 -10

Thursday, February 18, 2010

Willem de Waal, Stormers en WP losskakel, help hierdie kwartaal met die Stellies se skopwerk


Op die foto: Agter: Luan Rademeyer, Willem de Waal, Jurgen Geyer, Erhard Louw, Darren du Plessis
Voor: Morne Oosthuizen, Ryan Oosthuizen, Tiaan Swanepoel

o/19 Namibië toer 2010

O/19 RUGBY: NAMIBIË TOER 2010

TENTATIEWE TOERPROGRAM

VRYDAG: 19 MAART VERTREK NA STRANDFONTEIN. OORNAG TE STRANDFONTEIN CHALETS

SATERDAG: 20 MAART WEDSTRYD LUTZVILLE SPORTDAG
OORNAG TE STRANDFONTEIN CHALETS
11:15 – o/19B vs Porterville A
12:20 – o/19A vs Vredendal

SONDAG: 21 MAART VERTREK NA GRUNAÜ. OORNAG TE GRUNAÜ

MAANDAG: 22 MAART VERTREK NA WINDHOEK. OORNAG TE HEJA LODGE

DINSDAG: 23 MAART WEDSTRYD VS WINDHOEK (WHS). OORNAG TE HEJA LODGE

WOENSDAG: 24 MAART VERTREK NA ETOSHA VILLAGE (OORNAG)

DONDERDAG: 25 MAART BESOEK DIE ETOSHA (RESERVAAT). OORNAG TE ETOSHA VILLAGE

VRYDAG: 26 MAART VERTREK NA OTJIWARONGO. WEDSTRYD VS OTJIWARONGO STREEK. OORNAG TE OUT OF AFRICA LODGE

SATERDAG: 27 MAART VERTREK NA SWAKOPMUND. OORNAG TE SWAKOP BUNGALOWS

SONDAG: 28 MAART QUAD BIKES EN SANDBOARDING (DESERT EXPLORERS). OORNAG SWAKOP BUNGALOWS

MAANDAG: 29 MAART SWAKOP BANGALOWS

DINSDAG: 30 MAART WEDSTRYD VS WALVIS BAY. OORNAG TE SWAKOP BUNGALOWS

WOENSDAG: 31 MAART VERTREK NA GRUNAÜ. OORNAG TE GRUNAÜ.

DONDAERDAG: 1 APRIL ARRIVEER TE STELLENBERG. ONGEVEER 17H00

Vergadering / Meeting

Geagte o/19, o/15 en o/14 rugbyouers

U word vriendelik uitgenooi na ‘n vergadering op Donderdag 25/2/2010 om 18:30 in die funksielokaal.
The Namibia (u19) and George (u14&u15) tours will be discussed.

Groete

Duppie

Thursday, January 21, 2010

Newsletter / Nuusbrief u/14 / o/14

HOËRSKOOL STELLENBERG HIGH SCHOOL

RUGBY

20 Januarie 2010

Geagte o/14 rugbyouers

Baie welkom by die Stellies-rugbyfamilie. Ons weet dat, met u hulp en ondersteuning, ons ‘n groot sukses van die 2010 rugbyseisoen sal maak.

Rugby practices already started on 18 January. For the first few weeks (up to MTBS), the practices are as follows:

Mon: 18 January 15h00 – 16h00
Wed: 20 January 14h30 – 16h00
Mon: 25 January 14h30 – 16h00
Wed: 27 January 14h30 – 16h00
Mon: 1 February 14h30 – 16h00
Wed: 3 February 14h30 – 16h00
Mon: 8 February 14h30 – 16h00
Wed: 10 February 14h30 – 16h00
FRIDAY 12 FEBRUARY RUGBYTRIALS (O/14 – O/19)

NB!!! From Monday 15 February till the end of the season: Monday, Tuesday and Thursday: 14h30 – 16h00

Let daarop dat amptelike proewe sal plaasvind op Vrydag 12 Februarie. Na
afloop van die proewe sal daar ‘n bring-en- braai geselligheid in die
Funksielokaal plaasvind. Ons nooi graag alle rugbyouers uit om hierdie
funksie by te woon. (alle ouderdomsgroepe)
Op Maandag 15 Februarie word die toergroep van 20 spelers na George
bekend gemaak. (Outeniqua rugbyweek) ‘n Vergadering van die toergroep
(ouers en seuns) sal plaasvind op Dinsdag 16 Februarie.

Important dates to remember:
o Friday 5 February MTBS
o Friday 12 February Rugbyproewe
o Tuesday 16 February o/14 ouervergadering (George)
o Friday 5 March Rugby dance
o Saturday 20 March Brackenfell sportsday (u14, u16, u16)
o Friday 26 March – Wednesday 31 March: George tour (u14 & u15)

Ons is reeds besig met ons bepanning van die seisoen (die truie is reeds in 2009 bestel, geborg deur Stellenberg Kwikspar)
Ons benodig egter nog maatskappye of ouers om te help met die borg van die volgende:

o 45 rugby shorts
o 45 windbreakers
o 45 warmup shirts
o 25 – 45 rugby bags
o 25 golfshirts

Ons sal dit werklik hoog op prys stel indien u ons kan help met die borg van die genoemde items. Skakel gerus vir my (Duppie) by 083 234 3984.

Vriendelike groete

Duppie / Johan Bezuidenhout / Arnold Geldenhuys

NB!!! Besoek gerus die Stellenbergrugbyblog op die skool se amptelike webruimte. (www.stellenberg.org.za)