Tuesday, May 25, 2010

Stellies vs HTS Bellville

Span Uitslag
/19A Wen 56 – 3
/19B Wen 31 – 17
/19C Wen 52 – 5
/16A Wen 18 – 7
/16B Wen 22 – 5
/15A Wen 15 – 0
/15B Wen 34 – 7
/14A Wen 23 – 5
/14B Wen 38 – 0

Wednesday, May 19, 2010

Stellies vs Bishops

Span Uitslag
/19A Verloor 9 – 15
/19B Verloor 3 – 1 7
/19C Verloor 5 – 21
/19D Verloor 5 - 35
/16A Wen 9 – 0
/16B Verloor 5 – 24
/15A Wen 14 – 7
/15B Verloor 0 – 22
/14A Wen 8 – 5
/14B Wen 16 – 7
/14C Verloor 3 – 12

Monday, May 10, 2010

Stellies vs Brackenfell

/19A Verloor 23 – 29
/19B Wen 11 – 5
/19C Wen 14 – 12
/19D Verloor 3 – 29
/16A Wen 16 – 7
/16B Verloor 12 – 14
/15A Verloor 3 – 11
/15B Wen 19 – 0
/14A Wen 13 – 0
/14B Wen 47 – 5
/14C Gelykop 7 – 7

Stellies vs Punt

/19A Wen 36 – 15
/19B Wen 29 – 14
/19C Wen 48 – 0
/19D Wen 17 – 5
/16A Wen 8 – 3
/15A Wen 10 – 0
/15B Wen 27 – 0
/14A Wen 41 – 3
/14B Wen 22 – 5

Tuesday, May 4, 2010

Stellenberg 0/19A vs Hoërskool Punt

Na ‘n teleurstellende wedstryd teen De Kuilen het die Stellies Saterdag pragtig terug baklei met ‘n welverdiende sege oor Punt op Mosselbaai. Die Stellies het die wedstryd wedstryd met ‘n geweldige pas begin en in die tweede minuut het die slot, Izak van der Merwe gaan druk na goeie voorspelerspel. Losskakel Erhard Louw het pragtig verdoel. 7-0. In die vyftiende minuut gaan druk die heelagter Ruan Stemmet na ‘n fyn uitgewerkte agterlyn beweging. Ruan klop verskeie spelers! ‘n Puik sololopie! Erhard verdoel. 14-0. Na omgekeerde besit binne die Stellies se kwartgebied druk Punt ‘n pragtige drie. 14-5. Erhard slaag verder met nog ‘n strafdoel voordat Punt ‘n puik drie druk in die laaste beweging voor rustyd. 17-10.
Die Stellies word erg ontwrig in die eerste helfte toe die slot Izak vd Merwe die veld moet verlaat as gevolg van harsingskudding.
Direk na rustyd druk Punt ‘n verdure drie om die telling 17-15 te maak. Maar hierna gebruik Erhard die wind uitstekend en speel hy ‘n puik taktiese wedstryd. In die 15de minuut druk skrumskakel Schalk vd Merwe. Erhard verdoel. 24-15. Erhard slaag verder met 4 strafdoele. Eindtelling: 36-15.
‘n Puik oorwinning! Die Stellies het sonder 5 van hul gereelde eerstespan voorspelers gespeel: JB Nieuwoudt (stut), Curtly de Kock (haker), Christiaan Joubert (slot), Jaco Venter (slot) en Wian van Wyk (flank)

Stellies o/19A vs Punt

Schalk van der Merwe

Schalk van der Merwe

Ruan Stemmet

Ruan Stemmet

Erhard Louw