Monday, April 19, 2010

Stellies vs SACS - 17 April

/19A WEN 16 – 7
/19B WEN 3 – 0
/19C VERLOOR 3 - 12
/19D VERLOOR
/16A GELYKOP 5 – 5
/16B VERLOOR
/15A WEN 7 – 0
/15B VERLOOR 3 – 24
/14A WEN 15 – 5
/14B WEN 21 – 1 7
/14C VERLOOR 7 – 17

Stellies o/19 A

o/19A - 17 April

0/19A vs SACS

Op Saterdag 17 April het die Stellies hul seisoen op ‘n puik noot begin deur SACS met 16-7 te klop (rustyd: 13-0)
Die Stellies het in die eerste helfte teen ‘n sterk wind gespeel. Hulle het egter skitterend gespeel en alle fasette van die spel oorheers. Die losspel was veral uitstaande en fase na fase is opgesit. Die span het skitterend by hul wedstrydpatroon gehou en is beloon in die 18 minuut van die wedstryd met ‘n puik drie deur losskakel Erhard Louw. Erhard het die bal op SACS se kwartlyn ontvang na puik spel deur sy voorspelers. Hy het die bal vlak geneem, skitterend gebreek, 4 verdedigers geklop en gaan druk. Hy het ook verdoel. Teen die sterk wind het Erhard verder takties briljant geskop en uithaler losskakel spel opgedis. Hy slaag verder ook met twee moeilke strafskoppe in die eerste helfte.

In die tweede helfte het die Stellies die petrol ietwat van die pedaal gehaal, maar tog goed verdedig om die wedstryd welverdiend te wen.
Uitblinkers sluit die puik lostrio in van Stefan de Villiers, Wian van Wyk en Izak van der Merwe. Die senterpaar Luan Rademeyer en Tyron Kotze het goed verdedig. Voorlangs het die slot Jaco Venter beindruk met sy dryfspel en kaptein Christiaan Joubert het uitgetroon in die lynstane.
Erhard Louw het ‘n werklik droomwedstryd gehad, en dit is duidelik dat die skopkursus wat hy gedurende die vakansie bygewoon het nou vrugte afwerp. (Oud-Springbokke Louis Koen en Braam van Straaten het die kursus op Riebeeck-Wes aangebied.)

o/14A - 17 April

0/14A: vs SACS

Die 0/14A rugbyspan het op Saterdag 17 April teen SACS gespeel. Vanaf die eerste minuut van die wedstryd het SACS die bal lekker rond gegooi, maar die goeie verdediging van die Stellies agterlyn het beindruk en SACS tot talle foute gedwing. In die 10 minuut van die wedstryd het die Stellies se puik agsteman, Morne Oosthuizen, na ‘n lynstaan beweging gaan druk. Heelagter Tiaan Swanepoel, het skitterend verdoel vanaf die kantlyn. In die 20ste minuut het die skitterende heelagter, Tiaan Swanepoel, met ‘n puik teen aanval begin. Hy het ‘n hele paar verdedigers in die lug laat gryp voordat hy vir die senter, JD Bornman deur ‘n gaping gestuur het. Hy het op sy beurt laat loop na die vleuel Joshua Malherbe wat mooi afgerond het in die hoekie. Rustyd 12-0. In die tweede helfte het die stryd baie gelykop verloop. Die Stellies het die wedstryd finaal beklink met ‘n strafdoel deur Tiaan Swanepoel. Eindtelling: 15-5.
Vir die Stellies het hul senterpaar van JD Bornman en Dean du Toit goed verdedig. Tiaan Swanepoel was puik op die aanval, slot AB Bester het stewig in die lynstane vertoon en Morne Oosthuizen was ‘n yster op aanval en verdediging.
Geluk aan die 0/14A span met nog ‘n stewige vertoning!

Wednesday, April 14, 2010

Toer Uitslae - 2010

o/19 Rugbytoer na Namibië

o/19A - Lutzville

Wen Vredendal 18 – 0

Namibië toer:

Wen Hoërskool Windhoek 20 – 15

Wen Otjiwarongo 70 – 3

Wen Hoërskool Walvis Bay 20 – 6

o/19B – Lutzville

Wen Porterville A 24 – 3

Nambië toer:

Wen Hoërskool Windhoek 13 – 0

Wen Hoërskool Swakopmond A 34 – 0


o/16 Toernooi - Stellenbosch

Wen CBC Boksburg 37 – 3

Gelykop Sizimisele 5 – 5

Verloor HTS Drostdy 5 – 13


o/15 Toernooi – George

Wen Langenhoven Gim 19 – 7

Verloor Outeniqua 3 – 56

Wen Diamantveld 13 – 8

o/14 Toernooi – George

Wen Rustenburg 19 – 10

Wen Brits 17 – 10

Verloor Monument 12 – 17