Sunday, March 28, 2010

o/19 - 23 Maart 2010

Wedstryd teen Hoerskool Windhoek (WHS).

Tydens hul Namibiese Rugbytoer het die Stellies in hul eerste wedstryd kragte gemeet teen die gedugte span van die Hoerskool Windhoek (WHS). Die wedstryd het plaasgevind op die velde van die Wanderes Rugbyklub. WHS is vanjaar die Namibiese kampioen nadat hulle verlede week die ATKV Rugbyweek gewen het. Die wedstryd het skouspelagtig begin nadat die losskakel, Erhard Louw, met ‘n strafdoel van ongeveer 63m geslaag het (beslis ‘n Stellie rekord). Soos in hul vorige wedstryd het hul uitstekende verdediging, doelgerigte spel en puik samespel die deurslag gegee. Die Stellies het verder weereens beiindruk met hul gestruktureerde spelwyse. Agterlangs het die losskakel, Erhard Louw, ‘n droomwedstryd gehad, weereens die spel met die voet gedikteer en is ook agterna welverdiend aangewys as speler van die wedstryd deur die opponente. Voorlangs het die agttal uitgeblink met Wian van Wyk (flank) aan die spits. Die haker Curtley de Kock het ook beindruk met sy vurige spel. Ten spyte van ‘n geel kaart aan Izak van der Merwe (agsteman) laat in die tweede helfte het die Stellies se verdediging gehou om ‘n puik sege te verseker. Driee vir die Stellies is gedruk deur Gideon Snyman (regtervleuel) en Curtley de Kock (haker). Erhard Louw (losskakel) het geslaag met 1 strafdoel, 2 doelskoppe en 1 skepdoel. ‘n Puik oorwinnig vir die Stellies!

No comments:

Post a Comment