Sunday, March 28, 2010

o19 - 20 Maart 2010

Wedstryd teen Vredendal.

Tydens die Lutzville Rugbydag het Stellenberg se eerste rugbyspan vir die 5de agtereenvolgende jaar kragte gemeet teen die Hoerskool Vredendal. In ‘n wedstryd vol hoogtepunte het Stellenberg van die meet af hul stempel afgedwing en die wedstryd betreklik maklik met 18 – 0 gewen (slegs 25 minute aan ‘n kant).
Stellenberg het uitstekend by hul strukture en wedstrydplan gehou. ‘n Verdere kenmerk was die puik verdediging deur die span. Hulle het uitmuntende veggees en durf getoon ten spyte daarvan dat hul kaptein Christiaan Joubert vir 10 minute in die tweede helfte van die veld af gestuur is met ‘n geel kaart. Vreemde skeidsregter beslissings het die span verder aangevuur om sukses te behaal. Vir die Stellies het die lostrio van Izak van der Merwe, Wian van Wyk en Stefan de Villiers uitstekende spel gelewer. Agterlangs het die losskakel Erhard Louw die spel gedikteer met die voet. Die senterpaar van Luan Rademeyer en Tyron Kotze het ook stewig vertoon. Die Stellies se driee is gedruk deur Gregg Riley (heelagter) en Erhard Louw (losskakel), Erhard het verder geslaag met 1 doelskop en 2 strafdoele. Die Stellies behou dus hul onoorwonne status teen Hoerskool Vredendal.

No comments:

Post a Comment