Tuesday, May 4, 2010

Stellenberg 0/19A vs Hoërskool Punt

Na ‘n teleurstellende wedstryd teen De Kuilen het die Stellies Saterdag pragtig terug baklei met ‘n welverdiende sege oor Punt op Mosselbaai. Die Stellies het die wedstryd wedstryd met ‘n geweldige pas begin en in die tweede minuut het die slot, Izak van der Merwe gaan druk na goeie voorspelerspel. Losskakel Erhard Louw het pragtig verdoel. 7-0. In die vyftiende minuut gaan druk die heelagter Ruan Stemmet na ‘n fyn uitgewerkte agterlyn beweging. Ruan klop verskeie spelers! ‘n Puik sololopie! Erhard verdoel. 14-0. Na omgekeerde besit binne die Stellies se kwartgebied druk Punt ‘n pragtige drie. 14-5. Erhard slaag verder met nog ‘n strafdoel voordat Punt ‘n puik drie druk in die laaste beweging voor rustyd. 17-10.
Die Stellies word erg ontwrig in die eerste helfte toe die slot Izak vd Merwe die veld moet verlaat as gevolg van harsingskudding.
Direk na rustyd druk Punt ‘n verdure drie om die telling 17-15 te maak. Maar hierna gebruik Erhard die wind uitstekend en speel hy ‘n puik taktiese wedstryd. In die 15de minuut druk skrumskakel Schalk vd Merwe. Erhard verdoel. 24-15. Erhard slaag verder met 4 strafdoele. Eindtelling: 36-15.
‘n Puik oorwinning! Die Stellies het sonder 5 van hul gereelde eerstespan voorspelers gespeel: JB Nieuwoudt (stut), Curtly de Kock (haker), Christiaan Joubert (slot), Jaco Venter (slot) en Wian van Wyk (flank)

No comments:

Post a Comment